Die Cheetahs het hul eerste Curriebeker-wedstryd gewen.
Die Cheetahs het hul eerste Curriebeker-wedstryd gewen. FOTO: Johan Pretorius

Cheetahs vier oorwinning aan begin van Curriebeker-seisoen

,

BLOEMFONTEIN – Die eerste naweek van die Curriebeker-reeks het gewys daar lê ‘n opwindende seisoen voor.

Die Cheetahs en die Leeus het mekaar Sondag 19 Julie die stryd op die Toyota-stadion aangesê en dit was behoorlik ‘n naelbytstryd tot aan die bittereinde.

Die Vrystaatse ondersteuners kon ‘n sug van verligting slaag toe die eindfluitjie blaas met die telbord op 29-27 in die Cheetahs se guns.

Die Vrystaat Cheetahs in aksie teen die Leeus in die eerste wedstryde van vanjaar se Curriebeker-reeks.
Die Vrystaat Cheetahs in aksie teen die Leeus in die eerste wedstryde van vanjaar se Curriebeker-reeks. FOTO: Johan Pretorius

Uit die staanspoor was dit ‘n harde wedstryd met albei spanne wat goed verdedig het. Die Springbok-losskakel Faf de Klerk wat Sondag sy eerste wedstryd in die Cheetah-trui gespeel het, het sy nuwe span ‘n goeie hupstoot gegee.

In die begin van die wedstryd was die telling 8 elk toe albei die spanne ‘n drie gedruk en strafskop oor die pale geskop het. Die naelbytstryd het tot halftyd voortgeduur toe die Cheetahs ‘n voorsprong van 16-13 gehad het.

Lees op BloemNuusExpress: Predators at war: Cheetahs vs Lions face off in Currie Cup opener.

Die Leeus se Likhona Finca het drie drieë vir die Leeus gedruk. Dit was egter Jaco van der Walt se strafskop wat die Cheetahs gevoer het tot ‘n oorwinning op hul tuisveld en ‘n bonuspunt in die reeks.

Toyota Cheetahs 29 (16), Fidelity ADT Lions 27 (13)

Cheetahs – Drieë: Marko Janse van Rensburg, Ramon Uys, Victor Sekekete, Cohen Jasper. Strafskoppe: Jaco van der Walt (3).

Lions – Drieë: Likhona Finca (3), Latica Nela. Doelskoppe: Sam Francis (2). Strafskoppe: Francis.

Taai seisoen lê voor

In ander wedstryde in dié afdeling het die Haaie die Pumas in die Mbombela-stadion 26-24 gewen.

In Kaapstad het die Stormers hul Curriebeker-veldtog met ‘n oorwinning teen die Griekwas begin met ‘n eindtelling van 25-19.

Die laaste wedstryd van die naweek is in ‘n sopnat Boland-stadion gespeel waar die Boland Kawaliers ‘n oorwinning van 24-10 oor die Bulle behaal het.

Die Cheetahs se volgende wedstryd is Vrydag 24 Julie op die Toyota Stadion teen die Haaie. Die wedstryd begin om 17:00.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article