'n Uitstalling van bonsai-bome kan die naweek by die Laerskool Onze Rust besigtig word.
‘n Uitstalling van bonsai-bome kan die naweek by die Laerskool Onze Rust besigtig word.

Bonsai-uitstalling die naweek in Bloemfontein sal verstom

, ,

Die naweek beloof ‘n fees vir bonsai-liefhebbers wanneer die Bloemfontein Bonsai Kai die nasionale bonsai-konvensie in die stad aanbied.

Die konvensie vind van vandag tot Sondag by die Laerskool Onze Rust in Uitsig plaas.

Die byeenkoms bring bonsai-uitstallings, demonstrasies, ’n nuwe talent-kompetisie, kundigheid en bonsai-verkopers in een program byeen.

Vian Herbst se Olienhout (Olea europaea subsp. africana)
Vian Herbst se Olienhout (Olea europaea subsp. africana) is 80 jaar oud. Dit is ‘n tydlose voorbeeld van krag en karakter, gevorm deur dekades van groei, uitdagings en volharding. FOTO: Verskaf

Die tema, “Mochikomi: Effect of Time – Time and its Effect on Aging”, plaas die kollig op een van bonsai se mees besondere eienskappe – die manier waarop tyd, sorg, tegniek en geduld die karakter van ’n boom vorm. Die program skep ruimte vir gevestigde beoefenaars, nuwe talent en lede van die publiek om bonsai as lewende kuns te beleef.

Saterdag se program begin om 08:00 met registrasie en sluit ’n reeks demonstrasies en gesprekke in deur Ray Kingma, Jacques Nel, André Wiese, Scott Bredin, Liam O’Flaherty en André Swart.
Belangrike program hoogtepunte sluit “Mochikomi – BFN 40 Years / Tribute to Dot Henegan”, “Forest with a Snag”, “Young Baobabs, Old Souls”, “Understanding Mochikomi” en “Time and Nature captured within a container” in.

Die dag sluit ook terugvoer oor kompetisiebome, die algemene jaarvergadering en prysuitdeling in.
Sondag se program bevat demonstrasies deur Willem Pretorius met “Ou Woude”, Denise Krige met “Literati”, en KBY met Kwet van der Merwe en Werner Hoek. Die program eindig om 12:30.

 Die eienaar is André Wiese.
‘n Chinese Esdoring Shakan bonsai met ‘n sterk wortelbasis. Die warm goudgeel herfsloof gee die boom ‘n natuurlik voorkoms en skep die indruk van ‘n ou bladwisselende boom in miniatuur. Die eienaar is André Wiese.

Lede van die publiek word uitgenooi om die bonsai-uitstalling te besoek. Pragtige bonsai uit verskillende dele van Suid-Afrika sal vertoon word en ses verkopers sal bonsaibome, potte, gereedskap en ander bonsai-benodigdhede aanbied.

Die openbare besoektye is Saterdag 24 Oktober van 08:00 tot 17:00 en Sondag 25 Oktober van 09:00 tot 12:00. Toegang vir uitstallingbesoekers beloop R20 per persoon.

Die konvensie bied ’n geleentheid vir ervare bonsai-entoesiaste, beginners, tuiniers, kunsliefhebbers en gesinne om nader kennis te maak met die tegniek, geskiedenis en geduld agter elke boom.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article