Student-wees by Sol-Tech is ‘n unieke ervaring. FOTO: Verskaf

Blink toekoms begin hier

,

Tradisie en karakter word nie gemeet aan die aantal jare wat ‘n instelling bestaan nie. Dit word gebou in die oomblikke wat mense onthou.

Dit lê in die eerste handdruk op ‘n ope dag; die dosent wat jou naam ken; en die trots waarmee jy op ‘n oudstudente-kuier terugkeer na die plek waar jou toekoms begin het.

By Sol-Tech word doelbewus aan daardie tradisie en karakter gebou.

Van die oomblik dat jy deur die hekke stap, gebeur meer as dat jy net as ‘n student verwelkom word; jy word deel van ‘n gemeenskap waar lektore nie net kennis oordra nie, maar mentors word – en waar mense mekaar ken, groet en opreg omgee. By Sol-Tech deel almal in mekaar se suksesse en word vriendskappe gesmee wat voortleef lank nadat jy jou kwalifikasie verwerf het.

Die instelling se plaas-tema verteenwoordig ‘n kultuur van tuiskoms, gasvryheid en verbondenheid. Op kampus word doelbewus belê in persoonlike groei, leierskap en kultuuroordrag – wat versterk word deur ‘n aktiewe studentelewe vol tradisies wat bydra tot die ontwikkeling van gebalanseerde en veerkragtige jong volwassenes.

Wanneer die unieke kultuur saamvloei met gehalte-opleiding, Christelike waardes en praktiese voorbereiding vir die werksplek, gebeur iets besonders.

Studente verwerf ‘n kwalifikasie, maar ontwikkel boonop trots wat hulle nog lank ná hul studie met Sol-Tech verbind.

Op Vrydag 11 September van 12:00 tot 16:00 en die Saterdag van 08:00 tot 16:00 hou Sol-Tech sy ope dag in Pretoria, op sy kampus in Monumentpark.

Sol-Tech nooi jou en jou familie om die kampus te kom beleef en eerstehands te ervaar waarom Sol-Tech die ideale plek is om jou toekoms te begin.

Registreer vandag by sol-tech.co.za/opedag.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article