Kom word lekker warm met heerlike kos, pragtige produkte en ‘n gesellige atmosfeer op die Franse Wintermark by Villa Avianto op Saterdag 6 Junie.

Daar is heelwat nuwighede op dié gewilde mark in Quaggafontein.

Van die produkte wat by stalletjies aangebied gaan word, is Tanya Roos se gourmetgebak en Joany Brink se Brink of Touch-velprodukte.

Maak ook ‘n draai by Lelani Therese Earle se stalletjie, waar die mooiste handgemaakte kwiltwerk te koop sal wees.

JP Crous van die Hoërskool Jim Fouché se oulike “funky socks” gaan beslis gewild wees, terwyl Deborah Green handgemaakte mamma-en-babaprodukte vanaf die suidkus van KwaZulu-Natal na die mark bring.

Roné Grové verkoop gerieflike sakke vir onderwysers en Debbie van Zyl bied natuurlike lyfprodukte aan. Besoek ook Wilna Da Costa se stalletjie vir pragtige klere en geniet die heerlike halloumi van Papas Halloumi.

Kunstenaars wat besoekers gaan vermaak, sluit onder meer Janie Niehaus en Caden Wynter in, wat saksofoon sal speel.

Bring jou ma, vriendin of sommer die hele gesin saam en geniet ‘n dag tussen die stalletjies op die mark.

Die mark begin om 09:00 en duur tot 15:00.

Of jy nou vir ontbyt wil kom kuier of iets vir middagete soek, die Wintermark is die ideale bestemming.

Onthou ook dat honde aan leibande welkom is op die mark.

Toegang by die hek kos R40.

Rig navrae by 083 329 48 72.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article