Die Onafhanklike Motorhandelaarsvereniging (IDA) het onlangs ‘n geselligheid in Bloemfontein aangebied om al die Vrystaatse handelaars wat al langer as twee dekades lid van die vereniging is te vereer.
Robbie Starke, direkteur van die IDA en hoofbestuurder van IDA Risk Management, het op die geselligheid gesê die vereniging vier vanjaar sy 25ste bestaansjaar.

“Ons het dit goedgedink om vanjaar die handelaars wat al vir meer as 20 jaar deel van die verenig is te beloon,” het Starke gesê.
Hy sê die vereniging is in 1999 deur Noddy Schutte begin, met 250 lede. Vandag staan die vereniging se ledetal op ongeveer 750, wat onafhanklike handelaars oor die land heen verteenwoordig.
Op die geselligheid is 11 handelaars vereer, met heelwat hiervan wat reeds van die begin af deel van die vereniging is.
Benewens nege Bloemfonteinse handelaars, is Oos-OVS Motors in Bethlehem en Sydney’s Cars in Welkom ook vereer.







You must be logged in to post a comment.