Die 14-jarige Leatitia de Smidt was 'n Tinteltong-wenner.
Die 14-jarige Leatitia de Smidt was ‘n Tinteltong-wenner.

Jong entrepreneur (14) van Oranje wen Tinteltong-prys

, ,

BLOEMFONTEIN – ‘n Ywerige gimnas en gr. 9-leerder van die Hoër Meisieskool Oranje is aangewys as een van die wenners van AfriForum Sakenetwerk se Tinteltong-toekennings.

Ondernemings van oor die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap heen is benoem vir vanjaar se sentrale eerbewyse. Dit was die vierde en laaste Tinteltong-toekenningsgeleentheid wat in Mei oor die land heen aangebied is om ondernemings met unieke Afrikaanse name of wat trots Afrikaans in hul besighede gebruik, beloon is.

Die geselligheid is op Donderdag 28 Mei by Coffee Talks Café in Rayton aangebied.

Jeanri en Hannes van Zyl van Wat wil jy Drink?
Jeanri en Hannes van Zyl van Wat wil jy Drink? FOTO’S: Lientjie Mentz

Die wenners in die verskillende afdelings was as volg:

  • Produk met die kreatiefste Afrikaanse naam: Eersteklas Aanlyn van Corlene Pretorius van Vryburg. Sy verkoop handgemaakte produkte aanlyn;
  • Kreatiewe Afrikaanse Slagspreuk: Tisha’s – Liplekker tuisgebak. Die 14-jarige Leatitia de Smidt of Tisha soos almal haar ken, bak naweke beskuit en koekies.
  • Uitstekende diens in Afrikaanse: Huize van Sonja de Klerk. Sonja het haar drie ondernemings naamlik ‘n bruidswinkel, bloemiste en koffiewinkel onlangs onder een naam Huize verenig. Die onderneming in Bloemfontein, is in Hospitaalpark geleë.
  • Uitstekende bydra tot die Afrikaanse gemeenskap: Wat wil jy drink? van Jeanri en Hannes van Zyl van Kimberley. Hulle koop wyn in die Wes-Kaap en bottel dit onder die unieke handelsmerk met eg Afrikaanse name.

Tisha se onderneming het in Desember 2024 ontstaan toe sy “‘n bietjie beskuit” vir haar pa se slaghuis op Ventersburg, The Fat Butcher, moes bak. Sommer gou het dié beskuit uiters gewild geword.

Sonja de Klerk van Huize in Bloemfontein.
Sonja de Klerk van Huize in Bloemfontein.

Haar sukses is selfs merkwaardiger as dié jong entrepreneur se skedule in ag geneem word. Tisha is mal oor sport en reis drie keer per week saam met een van haar ouers van Bloemfontein na Alberton waar sy gimnastiekafrigting kry. Sy droom daarvan om eendag by die Olimpiese Spele te gaan deelneem.

Tussen die skoolwerk, ryery en sport deur, bak sy naweke tuis by haar ouers se huis op Ventersburg.

Corlea Pretorius van Eersteklas Aanlyn.
Corlea Pretorius van Eersteklas Aanlyn.

Hannes vertel Wat drink jy? het sy naam te danke aan sy besluitlose vrou. “My liewe, tog besluitlose vrou, Jeanri, het die antwoord geïnspireer aangesien die antwoord op hierdie vraag ongekend aan haar was. Moenie dat hierdie vraag ‘n kopseer bly nie en gaan skink daardie glasie sonder frustrasie,” skryf Hannes op hul webwerf. Met inspirasie uit die vraag blyk daar nou name soos “Bederf my” (Perlé Moscato), “Iets koud” (Sauvignon Blanc) en “Verras my” ( droë Rosé) deel van die wynwinkel.

Die egpaar van Kimberly, sê die wyn-onderneming is eintlik net ‘n stokperdjie en hulle geniet dit baie.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article