Die span aan die stuur van BloemNuusExpress se advertensies het jare se ervaring in die koerantbedryf. Hier is iets meer oor elkeen van hulle.

Coleen Cilliers (uitgewer) werk al meer as 25 jaar in die koerantbedryf waarvan 10 jaar in direkte advertensieverkope. “Die verhoudings en vriendskappe wat gebou word met ons sake-vennote, die onvoorspelbaarheid, die spertye en die wete dat ons ‘n wesenlike verskil in mense se lewe maak, is vir my baie lekker.” Sy sê BloemNewsExpress bied meer diverse verslaggewing en ‘n kragtiger platform vir nuus en die boodskappe van ons adverteerders. “Advertensies sal deur ‘n groter gekombineerde gehoor gesien word, wat ons sakevennote se markaandeel verhoog. Hoewel die naam verander het, bly ons kernwaardes, kontakpersone en ons verbintenis tot die sukses van ons sakevennote dieselfde.”

Marcine O’Reilly (rekeningbestuurder: verkope) werk al meer as 20 jaar in verkope en meer as nege jaar in die koerantbedryf. Sy geniet dit om kliënte te leer ken en meer oor hul ondernemings en handelsmerke te leer en deel van hul sake-familie te word. “Dit is lekker om saam met ‘n kliënt ‘n bemarkingskonsep te ontwikkel en dit dan uit te bou.”

Tania Kotzé (rekeningbestuurder: verkope) werk al meer as 29 jaar in die mediabedryf waarvan die afgelope 14 jaar in verkope. “Dit is vir my lekker om kliënte met hulle strategiese beplanning sowel as die kreatiewe aspekte daarvan te help om sodoende ‘n unieke bydra tot die vooruitgang van hul ondernemings te maak.”

Anché de Bruin (rekeningbestuurder: verkope) werk sedert Mei 2009 in verkope. “Ek geniet dit om elke week die eindproduk van ons werk te sien. Van die projekte waarby ek betrokke is en wat na aan my hart is, sluit Bloemskou en Villa Avianto se Franse Mark in. “Nuwe kliente is welkom om deel van die BloemNuusExpress-familie te word. Ons besigheid draai rondom ons kliënte en dit is die rede waarom ek elke dag werk toe kom.”

Nico Flietoor (televerkoopsverteenwoordiger) werk die afgelope 12 jaar in verkope waarvan vyf jaar in die koerantbedryf. “Hierdie ervaring het my ‘n goeie begrip gegee van hoe om kliënte se behoeftes te verstaan en effektiewe advertensie-oplossings oor verskeie platforms heen te bied.

Noleen Petersen (televerkoopsverteenwoordiger en skakelbordbeampte) werk al 16 jaar in die koerantbedryf. “Baie dankie aan al my lojale kliënte vir hul ondersteuning.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article