Die matrieks van 2025 het Dinsdag 13 Januarie hul uitslae by die skole gaan haal. Hier kyk Kara Subramanian (regs) saam met haar familie na haar uitslae by die Eunice High School in Bloemfontein. FOTO: Verskaf

BLOEMFONTEIN – ‘n Leerling van die Hoërskool Jim Fouche het nege onderskeidings in die 2025 senior sertifikaat-eksamen gekry en spog met ‘n gemiddeld 95.3%.

Die matrieks van 2025 kon Dinsdag 13 Januarie hul uitslae by die skool gaan haal.

Jaco Deysel spog met onderskeidings in Afrikaans (95%), Engels Tweede Taal (98%), wiskunde (97%), lewensoriëntering (98%), ekonomie (94%), fisiese wetenskap (90%), inligtingstegnologie (90%), rekeningkunde (92%) en addisionele wiskunde (85%).

JF spog verder met agt leerlinge wat elk sewe onderskeidings het. Hulle is Janeili Saaiman (92,4%), Amoné Verwy (90,7%), Janah Swarts (89,1%), Leané de Villiers (88,6%), Wihan Coertzen (88,3%), JD Roux (87,7%), Annabeth Barnard (85,6%) enb Christiaan Botha (84%).

'n Leerling van die Hoërskool Jim Fouche het nege onderskeidings in die 2025 senior sertifikaat-eksamen gekry en spog met 'n gemiddeld 95.3%.
Oud-leerlinge van die Hoërskool Jim Fouché vier hul matriekuitslaeDinsdag 13 Januarie by die skool. Hulle is van links Jaco Deysel (9 onderskeidings), Janah Swarts (7 onderskeidings) en Wihan Coertzen (7 onderskeidings).

Joan-Marie Fourie (93,38%) van die Eunice High School het agt onderskeidings behaal. Dié dux-leerling van haar skool, sê die eksamen was moeilik, maar sy is baie dankbaar oor haar goeie uitslae.

Sy gaan vanjaar medies aan die Universiteit van die Vrystaat studeer.

Twee leerders van die Hoër Meisieskool Oranje spog ook elk met agt onderskeidings. Jillian Dixon het ‘n gemiddeld van 92,62% en Denise Cilliers het ‘n gemiddeld van 92,46%.

Christiaan Kotzé van die Hoërskool Fichardtpark spog met agt onderskeidingds

Vier leerders van Oranje spog elk met sewe onderskeidings. Hulle is Mia Delport 89,08%), Anmari du Bruyn (88,77%) Bea du Toit (87,54%) en Nanette Jordaan (86,85%).

'n Leerling van die Hoërskool Jim Fouche het nege onderskeidings in die 2025 senior sertifikaat-eksamen gekry en spog met 'n gemiddeld 95.3%.
Jackie Bothma (prinsipaal van die Eunice High School) saam met Joan-Marie Fourie, topleerder van dië skool. FOTO: Verskaf

Die Vrystaatse matrieks het vanjaar die naasbeste in die land in die Senior Sertifikaat-eksamen gevaar.

Tydens die formale aankondiging deur die minister van basiese onderwys Siviwe Gwarube Maandag 13 Januarie in Johannesburg, gesê die slaagsyfer van 88% is die hoogste in Suid-Afrika se geskiedenis.

Die 88% slaagsyfer verteenwoordig ‘n 0.7 persentasiepunt toename van die vorige jaar se 87.3%. Hierdie mylpaalprestasie kom terwyl meer as 920 000 kandidate die 2025 NSC-eksamens landswyd afgelê het, wat dit die grootste nasionale assesseringsproses maak wat ooit in die land se geskiedenis onderneem is. Meer as 656 000 leerders het hul matriekeksamens suksesvol geslaag. Hierdie groep leerders het altesaam 6 950 skole nasionaal verteenwoordig.

Die Vrystaat het sy onderskeiding van eerste plek nasionaal verloor, wat nege jaar lank gehou is, aan KwaZulu-Natal, wat vir die eerste keer ‘n indrukwekkende slaagsyfer van 90.6% behaal het. Die Vrystaat het tweede plek behaal met ‘n lofwaardige 89,33% en Gauteng derde plek met 89,06%.

LEES OOK: Historic 88% pass rate marks best-ever matric results for South Africa



You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article