Northridge Mall in die noorde van Bloemfontein.
Northridge Mall in die noorde van Bloemfontein. FOTO: Lientjie Mentz

Bloemfontein se Northridge Mall aan groep in Kaapstad verkoop


BLOEMFONTEIN – Een van die stad se groot winkelsentrums, Northridge Mall, word aan Cape Town 101 Investments verkoop.

Die Kompetisiekommissie het nou die verkoop van die sentrum in Kenneth Kaundaweg in die noorde van Bloemfontein goedgekeur.

Northridge Mall in die noorde van Bloemfontein
Northridge Mall in die noorde van Bloemfontein word nou aan Cape Town 101 Investments verkoop. FOTO: Lientjie Mentz

Die sentrum is in 2019 deur PHG en die Moolman-groep opgeknap en uitgebrei. Die winkelsentrum – destyds bekend as Noordstad – is ontwikkel deur wyle Wim Boshoff, wat groot potensiaal in die sentrum gesien het.

Dit was egter eers ná die herontwikkeling van die sentrum dat dit werklik ‘n bestemming en gewilde inkopiesentrum in Bloemfontein geword het.

LEES OOK: Kersvader bederf pensioentrekker ná oulike briefie in posbus

Dit is veral die nabyheid van die N1, wat dit gerieflik maak vir inwoners uit omliggende dorpe, wat dié sentrale sentrum so gewild maak.

Northridge Mall huisves talle nasionale winkels, insluitend: Pick n Pay, Woolworths, Dis-Chem, Clicks, Sportsmans Warehouse en Virgin Active. Die sentrum het 1 200 parkeerplekke.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article