Ben Fouché het 'n top prestasie in AdMaths verower
Ben Fouché het ‘n top prestasie in AdMaths verower

Ben Fouché een van vier top AdMaths presteerders in SA


Ben Fouché van Hoërskool Langenhoven is beslis een van Suid-Afrika se wiskunde elites met ‘n skitterende 100% telling in AdMaths.

Die Langenhoven-leerder is aangewys as een van slegs vier Top 10 AdMaths-presteerders in Suid-Afrika vir Kwartaal 1 van 2026 wat ‘n volpunteprestasie behaal het. Hierdie uitsonderlike onderskeiding plaas Ben in ‘n eksklusiewe klas van akademiese uitblinkers wat die hoogste standaard van wiskundige uitmuntendheid bereik het.

AdMaths is nie sommer vir enige Jan rap en sy maat nie. Die program toets leerders se vermoë om komplekse wiskundige konsepte te bemeester, onder druk te presteer, en kreatiewe oplossings vir uitdagende probleme te vind. Om ‘n volpunte-telling te behaal vereis meer as net intelligensie. Dit verg ure se toegewyde studie en onwrikbare fokus.

Om tussen die top vier volpunt presteerders in die land te wees, is ‘n prestasie wat nasionale erkenning verdien. Ben het nie net Langenhoven se naam met trots uitgedra nie, maar ook gewys dat Suid-Afrikaanse leerders met die beste in die wêreld kan meeding.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article