PAARL – ‘n Positiewe geval van bek- en klouseer (BKS) in Mbekweni, Paarl, is Vrydag (6 Februarie) bekend gemaak deur die Wes-Kaapse departement van Landbou se veeartseny afdeling.

Rojeanne de Wet, ‘n woordvoerder vir Agri Wes-Kaap (AWK), sê hul organsisasie te same met die Rooivleis Produsente Organisasie Wes-Kaap (RPOWK) is saam hiervan ingelig.

“Die BKS Gesamentlike Operasionele Komitee (JOC) het vanoggend vergader en die 48-uur reaksieplan is onmiddellik in werking gestel. Die primêre doel van hierdie plan is om streng bewegingsbeheer van die diere toe te pas.”

De Wet verduidelik dat die AWK en RPOWK is deurlopend in kontak met die departement se veeartsenydienste.

“BKS bly ‘n staatsbeheerde siekte. Die staatsveearts neem die verantwoordelikheid vir die bekamping en beheer van die siekte met die ondersteuning van alle relevante rolspelers. Alle relevante rolspelers is reeds ingelig en daar is goeie samewerking om die situasie verantwoordelik te bestuur.”

De Wet lê sterk klem daarop dat dié landbou organisasies streng is rondom die bewegingsbeheer van die dier in die tyd.

“Lede word ernstig versoek om alle voorgeskrewe protokolle nouerig na te kom, geen diere onnodig skuif nie en im biosekuriteit op plase sonder enige uitsondering toe te pas.”

Vroeër vandeesweek het die Wes-Kaap regering aangekondig dat bek-en-klouseer onder beheer gebring is in die provinsie, nadat ‘n positiewe geval in November 2026 aangemeld was in Gouda.

LEES OOK: Western Cape authorities confirm containment of Foot-and-Mouth disease in province

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article