ATKV-Redenaarskompetisie - Ferrum High School leerders staan uit
ATKV-Redenaarskompetisie – Ferrum High School leerders staan uit

ATKV-Redenaarskompetisie – Ferrum High School leerders staan uit


Baie geluk aan ons redenaars met hul uitstekende prestasies tydens die ATKV-Redenaarskompetisie – een van die grootste en oudste redenaarsplatforms in Suid-Afrika waar jong leerders hul spreekvaardighede op nasionale vlak slyp.

Graad 8 en 9 – Afrikaans Huistaal

Voorbereid: Lea Grobler – 9de plek en Cara Breedt – 10de plek

Onvoorbereid: Cara Breedt – 1ste plek

Graad 10–12 – Afrikaans Huistaal

Voorbereid: Arnia Bothma – 2de plek

Onvoorbereid: Arnia Bothma – 4de plek

’n Spesiale vermelding aan Cara Breedt, wat met haar uitmuntende redenaarsvaardighede by die ATKV-Redenaarskompetisie deurgedring het na die ATKV Nasionale Finale wat op 4 en 5 Augustus by ATKV-Klein-Kariba aangebied word.

Ferrum is ongelooflik trots op julle harde werk, deursettingsvermoë en die wyse waarop julle die skool se naam met trots uitdra.

Sterkte met die voorbereiding, Cara – die hele Ferrum-familie staan agter jou!

https://ferrum.org.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article