Hoër Meisieskool Bloemhof is verheug dat hul ATKV-Debatspan Bloemhof gaan verteenwoordig by die ATKV Landsfinaal in Limpopo.
Kaylie Herbst en Celina Quinot, twee uitstaande leerders, het hul debatvaardighede tot op die hoogste vlak van die ATKV-Debat na die Landsfinaal geneem.
Die twee het ‘n oortuigende vertoning tydens die semi-finale rondte gelewer. Hulle verseker hul plek onder die Top 5 debatspanne in die Wes-Kaap. Hierdie prestasie is ’n bewys van hul harde werk en toewyding. Hul beskik ook oor die vermoë om krities te dink en helder te redeneer.
Kaylie en Celine gaan die ATKV-Debatspan Bloemhof se naam met trots uitdra by die ATKV-Landsfinaal. Dit sal plaasvind op 3 Augustus by ATKV-Klein-Kariba in Bela-Bela, Limpopo.
Dit is ’n groot eer om Hoër Meisieskool Bloemhof as ATKV-Debatspan hul skool by die Landsfinaal op ’n nasionale verhoog te verteenwoordig.
“Ons glo dat Kaylie en Celina met dieselfde passie en vasberadenheid aan die ATKV-Landsfinaal sal deelneem soos wat hulle tot dusver gedoen het. Ons hele skoolgemeenskap staan agter hulle en wens hulle alle sukses toe vir die finale rondte.”






