Die Arbeidshof in Gqeberha het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPS) se aansoek om ‘n arbitrasie-toekenning tersyde te stel, van die hand gewys in ‘n saak waarin die polisie geweier het om ‘n voormalige polisiebeampte se aansoeke vir tydelike ongeskiktheidsverlof te ondersoek.
Regter C. de Kock het op 3 November uitspraak gelewer in die guns van M.J. Scheun, wat vir meer as 23 jaar gedien het voordat hy in September 2017 weens siekte afgetree het.
Scheun het aan ernstige gesondheidsprobleme gely, wat osteoporose, epilepsie, veelvuldige rugwerwelfrakture en langdurige depressie insluit. Dit het uiteindelik tot sy ongeskiktheidsaftrede gelei.
Die dispuut het ontstaan toe Scheun in 2016 sy siekteverlof uitgeput het en aansoek gedoen het vir tydelike ongeskiktheidsverlof vir die tydperk van 15 Julie 2016 tot 30 September 2017, wat meer as 14 maande is.
Hy het op 9 Junie 2016 aansoek gedoen vir ongeskiktheidsaftrede, maar dit het eers op 30 September 2017 in werking getree.
Die polisie het egter eers op 18 Oktober 2017, ná Scheun se aftrede, vir hom in kennis gestel dat sy aansoeke as onbetaalde verlof aangeteken is. Dit het beteken dat Scheun geen salaris ontvang het vir 14 maande nie, ondanks sy gedokumenteerde mediese toestand.
Die polisie het verskeie gronde aangevoer om die arbitrasie-uitspraak tersyde te stel, insluitend verjaring, jurisdiksie, prosedurele onreëlmatighede en die bewering dat die bevele irrasioneel en onafdwingbaar was.
Regter De Kock het al die polisie se argumente verwerp. Die hof het bevind die skuld het eers op 18 Oktober 2017 ontstaan het toe die SAPD die aansoeke verwerp het, en nie toe die aansoeke ingedien is nie. Dit was binne die driejarige verjaringstydperk.
Die hof had jurisdiksie want dit is ‘n dispuut oor interpretasie en toepassing van ‘n kollektiewe ooreenkoms was, en nie ‘n onbillike arbeidspraktyk nie.
Die hof het ook die polisie se klagte oor die virtuele verhoorformaat en ander prosedurele kwessies verwerp, want geen werklike benadeling is bewys nie.
Die hof het beveel die arbitrator se opdrag aan die polisie om Scheun se aansoeke te onderosek ondersoek, rasioneel en afdwingbaar is. Die polsiiew as verplig om die aansoeke binne 30 dae te ondersoek.
“Die feit dat Scheun nou afgetree is, doen nie afbreuk aan die polisie se plig om te bepaal of hy geregtig was op tydelike ongeskiktsheidsverlof vir die tydperke waarvoor hy aansoek gedoen het nie,” het die hof beslis.
Die hof het ook die koste-bevel teen die SAPD gegee, omdat hulle kwelsugtig opgetree het.





