Die erfenis van Afrikaans is Saterdag (7 Junie) gevier by die Anglo Boere-Oorlog Monument in die Paarl.
Die geleentheid is aangebied deur die Anglo Boere-Oorlog Monument Trust by die Laborie-wynlandgoed, waar ‘n monument opgerig is ter nagedagtenis van die geskiedkundige gebeurtenis in Suid-Afrika.
Die bekende radio omroeper, Martelize Brink, het die program gelei. Sy het ook gesels oor Afrikaans se 100ste jaar as amptelike taal in die land, en watter groot rol almal daarin speel om dié pragtige taal te laat voortleef tot in die toekoms.
Prof. Dorothea van Zyl het breedvoerig gesels oor die belangrike rol wat vroue gespeel het gedurende die Anglo Boere-Oorlog tydperk en die massa vrouevergaderings wat in daardie tyd op die wynland plaasgevind het.
‘n Jong voortrekkerkoor het die geleentheidgangers vermaak met ‘n paar sangitems.
Hou volgende week (12 Junie) se Paarl Post dop vir meer oor die geleentheid.