André Strydom is ’n graad 8-leerder van Hoërskool Framesby Gqeberha. Hy het van 6 tot 7 Junie Suid-Afrika verteenwoordig by die Africa Aquatics & Zone IV Opewaterswemkampioenskap te Mont Choisy Beach, Mauritius.

André het sy merk gemaak met ’n 8ste plek in die Afrika-kampioenskap. Hy het ook ’n 6de plek in Zone IV in die 5 km-opewaterswemitem vir sy ouderdomsgroep. Daarbenewens het hy saam met sy aflosspan ’n silwermedalje verower deur 2de in die Afrika-kampioenskappe te eindig.

Hierdie is ’n uitstaande internasionale prestasie wat sy harde werk, deursettingsvermoë en talent beklemtoon. Die Framesby-familie is uiters trots op hom en vier hierdie besondere mylpaal saam met André!

https://www.framesby.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article