Eldo’s O.14A Netbalspan skitter – 3de in Gauteng
Eldo’s O.14A Netbalspan skitter – 3de in Gauteng (Foto verskaf)

Eldo’s O.14A Netbalspan skitter – eindig 3de in Gauteng


Hoërskool Eldoraigne, Centurion, se O.14A-netbalspan het hul merk gemaak met ’n briljante vertoning by die Gauteng-kampioenskappe. Die span het ’n uitstekende 3de plek behaal!

Die dogters het met onwrikbare vasberadenheid al hul wedstryde gewen. Hulle het slegs in die semifinaal teen AHMP met ’n enkele doel (13–14) vasgeval. Hierdie hartklop-wedstryd het hul veggees en deursettingsvermoë ten volle uitgelig – ’n ware bewys van Eldo-trots.

Hierdie prestasie beteken dat die span nou gekwalifiseer het vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe, waar hulle die kans kry om hul talent op die nasionale verhoog te wys.

Baie geluk, meisies! Julle harde werk, toewyding en spanpoging inspireer die hele Eldo-familie. Hoërskool Eldoraigne glo dat julle die SA’s met dieselfde passie en trots gaan aanpak!

https://www.hseldo.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article