Hoërskool Durbanville vier netbalsukses en is ongelooflik trots op hul 18 Durbies wat gekies is om die skool se naam met trots in die CTHSN Netbalspanne te dra. Julle harde werk, toewyding en passie vir die sport het vrugte afgewerp – elkeen van julle is ’n inspirasie vir die res van die skoolgemeenskap!
Ons sterre wat gekies is:
- O.14: Anemieke Theron, Anja van Coller, Mila Vermeulen
- O.15: Helani Jansen van Vuuren, Miah Haughton, Milan Terblanche, Monique Visser, Stella Saaiman, Wlime de Vries
- O.16: Jani Schultz, Liza Mostert, Marli Loubser
- O.17: Minke Böhmer, Kayla du Plessis, Mila Freemantle
- O.18: Kylie van den Bergh, Mienke du Toit

Baie geluk, Durbies – julle maak ons trots! Hou aan om elke wedstryd met passie en deursettingsvermoë te speel. Die hele skool staan agter julle en sien uit na die pad wat voorlê.







You must be logged in to post a comment.