Hoërskool Witteberg is trots om Marjulyn Myburgh se merkwaardige prestasie, van sportveld tot marathonpad, te vier. Die ongelooflike prestasie van Marjulyn Myburgh, eerste hokkiespan-afrigter van die meisies hokkiespan, wat haar Back-to-Back Comrades Marathon suksesvol voltooi het!
Marjulyn is bekend vir haar passie en toewyding op die hokkieveld waar sy die spelers met energie en vasberadenheid lei. Nou wys sy dat dieselfde eienskappe wat haar van sportveld tot die marathonpad dra, dieselfde merkwaardige prestasie is as die intensiewe oefensessies. Van daar tot die eindstreep van een van die wêreld se mees uitdagende marathons.
Die Comrades Marathon is ’n toets van uithouvermoë, karakter en wilskrag. Om dit twee jaar agtereenvolgens te voltooi, is ’n merkwaardige prestasie. Dit weerspieël nie net haar persoonlike krag nie, maar sy is ook ’n inspirasie vir elke Witteberger wat groot drome koester.
“Marjulyn se sukses is ’n bewys dat harde werk en deursettingsvermoë altyd vrugte afwerp. Sy is ’n rolmodel vir ons leerders – op die veld én daarbuite,” het kollegas en spelers met trots gesê.“
Die Wittebergers is ongelooflik trots op Marjulyn! “Jy wys vir almal dat die gees van Witteberg nie net in sport nie, maar ook in die lewe se grootste uitdagings skitter.”




