Laerskool Welgemoed se musiekprogram het sy gehalte gewys toe ‘n groep talentvolle musikante uitnodigings ontvang het om aan die gesogte SAMRO Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie deel te neem. Dit is een van Suid-Afrika se voorste platforms vir jong klassieke musiektalent en ‘n uitnodiging om deel te neem is ‘n erkenning wat min jong kunstenaars kry.
Vir Laerskool Welgemoed is die veelvuldige uitnodigings ‘n bevestiging dat hul musiekprogram van wêreldklas-gehalte is.
Die kompetisie dra die naam van Hubert van der Spuy, een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde musiekpersoonlikhede en ‘n pionier in die ontwikkeling van klassieke musiek in die land.
Die SAMRO Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie sal ‘n toets wees van tegniek, temperament en talent.






