Die nuwe uitgawe van Die Papier is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar

Die Papier
DIe nuutste uitgawe van die Afrikaanse-dagblad, Die Papier, is nou te koop.

Die nuwe uitgawe van Die Papier is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar


In ons hoofberig vertel Johann Ferreira, die hoof van Intercape, hoe hy vir sy 1 400 werknemers belowe het dat solank hulle opdaag vir werk, sal hy opdaag en aanhou veg teen die “taximafia” wat langafstandbusse terroriseer.

Lees meer oor die regstryd van 14 jaar van ’n motorfietsryer wat beseer is weens ’n slaggat waarin die Wes-Kaapse departement van infrastruktuur aanspreeklik gehou kan word. Christian Jacobus kan nou sy regskoste en verliese wat hy weens die ongeluk gely het van dié departement verhaal.

Weet jy wat is ’n syapie? Of sjelei? Word woordwys met ons eksklusiewe taalwenk vir die Woordmeester-toetse wat deur Akademia, in samewerking met VivA Afrikaans, aangebied word.

Kaptein van die Protea-vroue, Laura Wolvaardt.
Kaptein van die Protea-vroue, Laura Wolvaardt. Foto: Ashley Vlotman/Gallo Images.

Die styging in brandstofpryse verander nie net hoe Suid-Afrikaners bestuur nie, maar ook waar hulle werk. Ons kyk na internasionale neigings en klop by kenners aan oor wat om te doen as jou huis soos ’n tronk begin voel.

Op die sportblaaie deel ons oudergewoonte rateltaai- én koddige skolesportfoto’s.

Oud-Springbok en voormalige president van die Goude Leeus-rugbyunie, Kevin de Klerk, vertel in ’n eksklusiewe gesprek hoe hy hoop SA Rugby dalk kan hand bysit om seker te maak dat Ellispark behoue bly en nie vir die nageslag verlore gaan nie.

Lees ook meer oor die Protea-vroue se T20-Wêreldbeker-veldtog, die Bulls se Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd en die aanloklike wentjeks wat vir vanjaar se Comrades-wenners wag.

Dít, en nog vele meer in die nuwe uitgawe van Die Papier.

  • Lees die volledige berig oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article