Claudia Francke het grootgeword in ‘n huis waar rugby deel van die gesin se leefwêreld was en hier, in haar ouerhuis in Macassar in die Wes-Kaap, het haar rugbyreis begin.
Sy het onder meer blootstelling gekry deur haar pa, wat tot vandag nog aktief betrokke is by klubrugby in die gemeenskap.
SA Rugby het verlede week aangekondig dat Claudia, betrokke by die Griekwaland-Wes Rugbyunie (GWRU) in Kimberley, as assistent-afrigter van die Suid-Afrikaanse o.20-vrouespan aangestel is.

“Hierdie aanstelling is nie net ‘n persoonlike mylpaal nie, maar ook ‘n geleentheid om by te dra tot die ontwikkeling van vrouerugby op nasionale vlak.
“Dit is vir my ‘n besonderse prestasie om die GWRU op dié vlak te verteenwoordig.
“Die toewyding, investering en ondersteuning wat die unie gebied het, is werklik uitsonderlik.
“Ek is dankbaar vir die vertroue wat in my gestel is en beskou die aanstelling as ‘n erkenning van die harde werk wat deur baie mense agter die skerms gedoen word,” vertel Claudia.
“Hierdie platform bied geleentheid om die enorme talent wat Suid-Afrika het, ten toon te stel en spelers voor te berei om op die hoogste internasionale vlak mee te ding.
“Ek is opgewonde om ‘n bydrae te lewer tot die volgende geslag Springbok-vrouespelers en die voortdurende groei van vrouerugby in Suid-Afrika.”
Meer geleentheid vir vroue in rugby
Sy meen dat daar vandag veel meer geleenthede, beter ontwikkelingprogramme, sterker kompetisiestrukture en groter blootstelling vir vrouerugby is as toe sy rugby begin speel het.
Vroue kry veel meer geleentheid om hul talent te ontwikkel en hulself op provinsiale en nasionale vlak te bewys.
Uitdagings bestaan egter steeds, veral rondom hulpbronne, befondsing, geriewe en erkenning.
LEES OOK: Vier vrouerugbyklubs in Noord-Kaap speel taai wedstryde in superliga
“Vroue moet dikwels nog harder werk om hul plek in rugby te vestig en hulself te bewys, maar die pad word geleidelik meer toeganklik.”
Behalwe dat Claudia van kleins af aan rugby blootgestel was, het sy tydens haar skooljare by haar alma mater, die Hoërskool Zandvliet, haar eerste rugbywedstryd gespeel. Later was sy ook as bestuurder van die seunsspan betrokke.
Tydens haar studentejare by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) het sy haar rugbydeelname op ‘n meer ernstige vlak voortgesit.
“Deur rugby het ek eerstehands die waarde van dissipline, spanwerk, leierskap en deursettingsvermoë geleer.
“Ek was bevoorreg om afrigters en mentors te hê wat ‘n groot invloed op my lewe gehad het. Hul leiding en ondersteuning het my geïnspireer om dieselfde positiewe impak op ander se lewe te hê, veral jong vroue wat hul plek in rugby en die samelewing probeer vestig.”
Nie net afrigter, maar ook ma, werknemer, student
In Kimberley is Claudia nie net by die GWRU betrokke nie. Sy is in ‘n heeltydse pos by die departement van justisie en is deeltyds besig met die verwerwing van haar LLB-graad.
Sy is ‘n ma, werknemer, student én afrigter.
Om al haar verpligtinge te hanteer, glo sy aan deeglike beplanning, dissipline en is sy dankbaar vir ‘n sterk ondersteuningsnetwerk.
“Dit vra opoffering, veral wanneer ek laat nagte moet werk en soms minder tyd saam met my familie kan deurbring.
“Ek prioritiseer my verantwoordelikhede, bestuur my tyd en maak seker dat ek, ongeag uitdagings, steeds gehaltetyd aan elke aspek van my lewe afstaan.”
Sy beskryf haarself as ‘n hardwerkende vrou wat glo dat geen droom te groot is as jy bereid is om daarvoor te werk nie.
“En dat ons nooit deur ons omstandighede en verantwoordelikhede agter gehou moet word nie,” sê sy.
Streef daarna om voorbeeld te wees
Claudia is van mening dat vroue oor ongelooflike deursettingsvermoë en veerkragtigheid beskik, asook die vermoë om verskeie rolle suksesvol te vervul.
“Ek glo dat ons enige uitdagings kan aanpak wanneer ons, ons gedagtes daarop vestig en met toewyding daarna streef.
“Vroue speel ‘n belangrike rol in gemeenskappe, en dit is ons verantwoordelikheid om daardie rol met trots, integriteit en passie te vervul.
“Elke uitdaging wat ek aanpak, is nie net vir my eie groei nie, maar ook om ‘n voorbeeld te wees vir my dogter asook ander jong meisies en vroue wat ná ons kom.”

Extensive experience in rugby
The head coach of the senior women’s team at the Griqualand West Rugby Union (GWRU) in Kimberley, Claudia Francke, has been appointed as the assistant coach of the junior Springbok women’s team.
“This appointment is a testament to Claudia’s passion, dedication, and the impact she continues to make in the development of women’s rugby within the Northern Cape and beyond,” said the GWRU in a statement.
“We are incredibly proud to see one of our own contributing op the national stage while continuing to inspire and develop the volgende generation of female rugby players at Griquas.”
Claudia has extensive experience in rugby.
Among other roles, she assumed the position of head coach of the women’s team at the Sol Plaatje University (SPU) and the Frances Baard Region, as well as the GWRU U20 women’s team.
Her playing career spans several years: She was included as a player in the senior women’s team at the University of the Western Cape (UWC), Stellenbosch University, and the Western Province Rugby Union. She was also included in the U20 junior Springbok team in 2008.



