Dit is nie net ’n reuse eer om jou provinsie op die rugbyveld te verteenwoordig nie; om gekies te word om ’n span te lei, getuig van ware karakter, respek en uitmuntende leierskap.
Baie geluk aan die vier manne van Hoërskool Pietersburg wat hierdie besondere eer ontvang het. Die Pieties is ongelooflik trots op elkeen van julle:
- Ruben Vorster – Kaptein van die o.16 Grant Khomo-span
- Lodrian Steyn – Onderkaptein van die o.16 Grant Khomo-span
- Stephan JV Rensburg – Kaptein van die o.18 Craven Week-span
- Juan Randall – Onderkaptein van die o.18 Craven Week-span
Hierdie aanstellings is ’n bewys van julle harde werk, toewyding en die vertroue wat afrigters en spanmaats in julle stel. Julle dra nie net die Limpopo-kleure met trots nie, maar ook die naam van Hoërskool Pietersburg hoog.

Mag hierdie prestasies die begin wees van nog vele hoogtepunte wat voorlê. Hou aan om groot te droom, hard te werk en ander te inspireer met julle talent en leierskap. 💪
Foto’s verskaf





You must be logged in to post a comment.