Hoër Volkskool Potchefstroom se leerders was die afgelope week deel van die Allegretto Interprovinsiale Eisteddfod – ‘n fees van talent en glans. Die Allegretto Interprovinsiale Eisteddfod was ‘n fees van ware viering van kuns en prestasie. Volkies se sterre het helder gestraal!
Uitblinkers van die week:
- Eduard Viljoen – Monoloog A++ Afdelingwenner én deur na die volgende rondte!
- Miliencke van der Westhuizen – Prosa Voorlees A++ Graadwenner én aangewys as Ambassadeur vir 2027!
- Marike Kennedy – Prosa-voorlees A++. Sy is ook as Graadwenner bekroon!
Met sulke uitsonderlike prestasies klop elke Volkies-hart vol trots. Hierdie jong kunstenaars wys dat harde werk, passie en talent ’n wenresep is. Volkies se naam straal helder, en inspireer almal wat dit beleef!
Hoër Volkskool Potchefstroom se leerders het weer bewys dat hulle kreatiwiteit en talent geen perke ken nie.








You must be logged in to post a comment.