Vier talentvolle leerders gekies vir Interhoër Redenaarsspan
Mia Fouché en Nzuzo Nkambule

Vier talentvolle leerders gekies vir Interhoër Redenaarsspan


Hoërskool Piet Retief is trots om aan te kondig dat vier van hul talentvolle leerders gekies is om die skool te verteenwoordig in die Interhoër Redenaarsspan. Die Interhoër Redenaars vind plaas op 6 Augustus te Volksrust in Mpumalanga. Hierdie prestasie is ’n bewys van hul harde werk, toewyding en die vermoë om met selfvertroue en insig te kommunikeer. Die Interhoër Redenaarsspan wat Hoërskool Piet Retief gaan verteenwoordig is:

Seniorspan

  • Mia Fouché (Graad 12)
  • Nzuzo Nkambule (Graad 11)

Juniorspan

  • Emma Fouché (Graad 8)
  • Regardt du Plessis (Graad 8)
Vier talentvolle leerders gekies vir Interhoër Redenaarsspan
Emma Fouché en Regardt du Plessis

Die redenaarskompetisie bied ’n wonderlike geleentheid om kritiese denke, openbare spreekvaardighede en selfvertroue te ontwikkel – vaardighede wat hulle vir die toekoms sal toerus.

“Hoërskool Piet Retief is oortuig dat hierdie leerders nie net in hul eie talente sal uitblink nie, maar ook die naam van Hoërskool Piet Retief met trots sal uitdra. Die hele skoolgemeenskap wens die span alle sterkte toe vir die komende rondtes. Mag julle woorde krag dra, en mag julle optredes ander inspireer!”

https://www.hsprweb.com

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article