Truida Kestell het trots aangekondig dat twee Krieketafrigters vir Vrystaat Jeugkrieketbestuur verkies is. Die twee krieketafrigters vir Vrystaat Jeugkrieketbestuur is mnre. Charlie J. van Rensburg en Xander Fenwick. Hulle is albei toegewyde krieketafrigters van Truida Kestell, wat in hierdie belangrike portefeuljes gaan dien. Hulle is tydens die Vrystaat Jeugkrieket se Algemene Jaarvergadering verkies. Hierdie prestasie is ’n groot erkenning. Met die ontwikkeling van jong krieketspelers bring hulle passie en kundigheid na die spelers.
As afrigters dien hulle nie net by die skool nie, maar dra ook aktief by tot die breër Vrystaat Jeugkrieket bestuur.
Hul portefeuljes bestaan uit:
Charlie J. van Rensburg
- Lid van die Vrystaat Bestuur (TBM)
- VS Seuns o/12 Keurder
Xander Fenwick
- Onder-voorsitter van die Vrystaat Bestuur
- Vrystaat Meisies o/13 Keurder (sameroeper)
- Vrystaat Seuns o/13 Keurder (sameroeper)
- Vrystaat Seuns o/13 Afrigter
Hierdie aanstellings wys dat hulle as afrigters nie net op die veld uitblink nie, maar ook ’n sleutelrol speel in die vorming van jeugkrieket in die Vrystaat. Met hul ervaring en leierskap sal die jong spelers verseker die beste geleenthede kry om hul talente te ontwikkel en hul liefde vir die spel te verdiep.
Truidjies is ongelooflik trots op Charlie en Xander — “Julle verteenwoordig ons skool met trots en stel ’n voorbeeld van toewyding en uitnemendheid.”




