TygerBurger

Slaggate in Acsa se uitbreidingspad vir Kaapstad Internasionale Lughawe

Acsa se R6,39 miljard uitbreiding van Kaapstad Internasionale Lughawe hang af van die hervestiging van meer as 3 000 onwettige besetters.

‘n Moontlike lang pad lê voor voordat die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) kan begin met die multimiljardrand uitbreiding van die Kaapstadse Internasionale Lughawe.

‘n Nuwe aanloopbaan van R6,39 miljard word onder meer in die vooruitsig gestel. Die nuwe aanloopbaan gaan 3 500 m by 60 m wees en sal groter vliegtuie en meer passasiers kan hanteer.

Voor daar met die ontwikkeling begin kan word, bestaan daar die netelige probleem van meer as 3 000 onwettige besetters. Acsa het Dinsdag in die Wes-Kaapse wetgewer bekendgemaak dat hulle saam met die departement van openbare werke en infrastruktuur ‘n proses van stapel gestuur het om besetters te hervestig.

Aslam Miller, senior bestuur van infrastruktuur en eiendomsontwikkeling by Acsa, het aan die staande komitee oor landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, gesê meer as 3 000 mense het hulself sedert die Covid19-pandemie op grond wat aan Acsa behoort gevestig. Daar is glo ook reeds met gemeenskappe in gesprek getree oor hervestiging, maar die nasionale departement van openbare werke het reeds ‘n aansoek om uitsettingsproses by die hof ingedien. Acsa gaan by hierdie proses aansluit.

Volgens Miller wil hulle nie net die besetters uitmyt nie, maar beoog hulle om hulle te hervestig op grond wat nader aan beter geriewe is. “Daar is alternatiewe grond 5km van die lughawe geoormerk,” sê hy.

TygerBurger het na Acsa en die minister van openbare werke se kantoor uitgereik vir verdere kommentaar, maar het teen tyd van publikasie nog geen terugvoer ontvang nie.

LEES OOK: Kaapse Wynland-lughawe-span gee oorsig van mega-projek

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article