STRAND – Drie mense is Vrydagaand (13 Maart) in Strand met messe aangeval tydens ‘n skietvoorval, waarvan een noodlottig gewond is.
Volgens kol. Jacqui Johnson het die gewelddadige voorval omstreeks 23:55 in O’Connell-rylaan in die Casablanca-gebied plaasgevind, waar skote geklap het en drie mense gesteek is. Een van die slagoffers is noodlottig gewond terwyl die ander twee na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is vir mediese hulp.
“Tans is geen gevalle by die Strand-polisie aangemeld nie, maar die voorval word opgevolg,” sê Johnson.
Die voorval het bekommernis in die gemeenskap veroorsaak, aangesien inwoners glo dat dit bendeverwant is. Die polisie moet dit egter nog bevestig, aangesien die saak steeds ondersoek word.
In ‘n video wat op WhatsApp-groepe gedeel is, kan oproer gehoor word in wat vermoedelik ‘n bendegeveg is.
Strand-speurders ondersoek die saak en volg leidrade op. Geen inhegtenisnemings is nog gemaak nie.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting oor die voorval om kapt. Lionel Farmer by die Strand-polisiekantoor te bel by 021 854 9100 of 082 850 9628.
- Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.


