Dwelms
Twee buitelandse burgers vas nadat die polisie meer as 3 ton tik, mandrax en dagga in ‘n vragmotor op die N1 naby Beaufort-Wes ontdek

KAAPSTAD – Twee buitelandse burgers is in hegtenis geneem nadat die polisie meer as 3 ton tik, mandrax-tablette en dagga in ‘n vragmotor op die N1 naby Beaufort-Wes ontdek het.

Die dwelmvonds is Vrydagoggend 27 Februarie by ‘n voertuig-kontrolepunt wat by ‘n weegbrug op die N1-snelweg naby Beaufort-Wes opgestel is, gemaak.

Beamptes van Sentraal-Karoo se blitspatrollie en honde-eenhede het om 10:40 ‘n vragmotor met ‘n Gauteng-registrasienommer wat op pad was na Kaapstad deursoek. In die vragmotor se sleepwa is 3,362 ton tik, 22 000 mandrax-tablette en 131,5 kg hoëgraadse dagga gevind. Die beraamde straatwaarde van die hele besending is R3 328 700.

  • Dwelms
  • Dwelms
  • Dwelms

Hofverskyning Maandag

Die vragmotorbestuurder en sy passasier, albei buitelandse burgers en onderskeidelik 38- en 41-jaar-oud is in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel.

Albei verdagtes moet Maandag 2 Maart in die landdroshof in Beaufort-Wes verskyn.
Lt.gen. Thembisile Patekile, Wes-Kaapse polisiekommissaris, het die beamptes geloof vir die beduidende beslaglegging.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article