BLOEMFONTEIN – Daar wag ‘n opwindende jaar vir ‘n Bloemfonteinse hekkiesatleet wat verlede week die vinnigste tyd vanjaar in die 110m-hekkies (o.20) gehardloop het.
Jayden Parkin (18), ‘n hekkiesatleet van die Hoërskool Sentraal, het by die Mangaung/Xhariep-atleteiekbyeenkoms op 21 Februarie in die Vrystaat-stadion ‘n tyd van 13.60 gewen. Australiër Harrison Purcell het begin verlede jaar die 110m hekkies in ‘n tyd van 13.68 gehardloop.
Die Vrystaat-atletiekstadion het nie nou internasionale akkreditasie het nie.

Die stadion het op 31 Desember 2023 sy internasional akkreditasie verloor.
Lees berig van 19 Augustus: Vrystaat-atletiekstadion gesluit weens strukturele probleme – geen byeenkomste moontlik.
Jayden sal weer vanjaar op ‘n geakkrediteerde baan die kwalifiserende tyd van 14.05 moet hardloop om in aanmerking te kom vir die o.20-wêreldatletiekkampioenskap wat in Augustus in Oregon, Amerika, plaasvind.
Jaden het ook Saterdag die streeksbyeenkoms se tyd van 13.82 verbeter.
Hy het ook aan die 100m deelgeneem waar hy ‘n tweede plek behaal het.
Jayden sê al is dit jammer dat die Vrystaatse atletiekbaan nie internasionaal geakkrediteer is nie, bly dit vir hom een van die lekkerste bane om op deel te neem. “Dit is ‘n lekker tartanbaan en daar is goeie oefenplek.”
Die atleet neem al sedert gr. 4 aan hekkies deel. Hy oefen die afgelope sewe jaar by afrigter Hennie Aucamp.
Sy persoonlike beste tyd is Junie verlede jaar op die Bauhaus Junior-Gala in Mannheim, Duitsland waar hy ‘n tyd van 13.38 opgestel het.
Verlede jaar toe hy in Italië gaan deelneem het, was sy tyd die 5de vinnigste in Suid-Afrika.
Jayden geniet die uitdaging van hekkies. “Ek hou van die tegniese aspek. Ek wil hierdie jaar hard werk en glo ek kan my persoonlike beste tyd verbeter.”
Hy neem volgende naweek deel aan die Vrystaat-kampioenskap wat weer in die Vrystaat-stadion plaasvind en daarna volg die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Maart in Germiston.
Dié matriek-leerder wil volgende jaar ten volle op sy atletiek konsentreer en wil na onder meer Italië en Duitsland reis om deel te neem.






You must be logged in to post a comment.