Dr. Diana Ferrus word vanoggend in Worcester te ruste gelê.

Worcester – Daar hang vanoggend ‘n eerbiedigheid in Worcester se hoofstraat, met polisie, amptenare en talle mense wat hul laaste eer aan Dr. Diana Ferrus (72) kom betoon.

Dié bekroonde digter en aktivis ontvang ‘n amptelike provinsiale begrafnis wat plaasvind in die Vrye Gereformeerde Kerk Sentraal op die hoek van 46 Adderley- en Hoogstraat.

Ferrus is op Vrydag 30 Januarie dood nadat sy op Kersdag ‘n beroerte gehad het. Sy is in Worcester gebore en het daar groot geword. Sy het steeds dié dorp gereeld besoek.  Die Vryheid van Worcester is in 2020 deur die Breedevallei-munisipaliteit aan haar en elf ander bekende inwoners toegeken.

Huldeblyke van oor die wêreld heen het ingestroom.

Haar gedig I’ve Come to Take You Home, ‘n huldeblyk wat sy aan Sarah Baartman geskryf het tydens haar studies aan die Universiteit van Utrecht in Nederland, het die bal aan die rol gesit om Baartman se oorskot ná 192 terug aan haar tuisland te besorg.

Baartman was twee eeue gelede, glo onder valse voorwendsels Europa toe geneem, waar sy onder die verhoognaam “Hottentot Venus” uitgestal is vir wat beskou is as ‘n ongewone liggaamsbou. Sy is later daar oorlede, maar haar verhaal van uitbuiting het generasies aangegryp.

Diegene wat nie haar begrafnis kan bywoon nie, kan die uitsending daarvan volg:

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article