'n Foto van Saldanhabaai.
‘n Foto van Saldanhabaai.

SALDANHABAAI – Die Demokratiese Alliansie (DA) het vanmiddag (Vrydag 30 Januarie) aangekondig dat André Truter, die uitvoerende burgemeester van die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM), uittree.

Dié skok-aankondiging is deur Tertuis Simmers, die DA se Wes-Kaapse leier, in ‘n mediaverklaring gedoen.

Truter het Wyk 5 in Saldanhabaai in 2018 in ‘n tussen-verkiesing gewen, waarna hy later as burgemeesterskomiteelid in die SBM gedien het. Hy is in 2021 tot burgemeester verkies.

André Truter, tree uit as burgemeester van Saldanhabaai-munisipaliteit.

Die DA het Truter in die verklaring bedank vir sy toewyding en werksetiek.
Volgens die verklaring bly Truter ‘n lojale DA-lid en beplan hy om die private sektor te betree.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article