Ariel Seidman, Israel's chargé d'affaires in South Africa. Photo: Ariel Seidman Dcm/Facebook
Ariel Seidman, Israel’s chargé d’affaires in South Africa. Photo: Ariel Seidman Dcm/Facebook

PRETORIA – Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het bevestig dat die Suid-Afrikaanse regering besluit het om Ariel Seidman, die waarnemende ambassadeur van die Israelse ambassade, “persona non grata” te verklaar.

Volgens Dirco volg die besluit op ’n reeks onaanvaarbare oortredings van diplomatieke norme en praktyke, wat ’n direkte uitdaging aan Suid-Afrika se soewereiniteit inhou.

Dit sluit onder meer die herhaalde gebruik van amptelike Israelse sosiale media-platforms in om beledigende aanvalle teen pres. Cyril Ramaphosa te loods, asook die versuim om Dirco in kennis te stel van beweerde besoeke deur senior Israelse amptenare.

Die departement sê dié optrede verteenwoordig ’n growwe misbruik van diplomatieke voorregte en ’n fundamentele verbreking van die Weense Konvensie oor diplomatieke betrekkinge. Dit het volgens die regering die vertroue en protokolle wat noodsaaklik is vir bilaterale verhoudinge, stelselmatig ondermyn.

LEES OOK: South Africa defends naval drills with Iran, China, Russia as ‘essential’

“Die soewereiniteit van Suid-Afrika en die waardigheid van sy staatsinstellings is onaantasbaar,” lui Dirco se verklaring.

Seidman is aangesê om die land binne 72 uur te verlaat.

“Ons doen ‘n beroep op die Israeliese regering om te verseker dat sy toekomstige diplomatieke optrede respek vir die land en die gevestigde beginsels van internasionale betrokkenheid toon,” luidens Dirco se verklaring.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article