Een verdagte is sowat 300 meter van waar die Pep-winkel geleë is deur die polisie doodgeskiet. Foto: Rasaad Adams

‘n Vermeende rower wat saam met twee ander ‘n Pep Stores-winkel in Wellington se Hoofstraat beroof het, is Maandag (22 September) deur die polisie doodgeskiet.

‘n Ooggetuie het op die toneel aan Paarl Post vertel dat die drie gewapende mans die winkel omstreeks 13:30 binnegestorm het.

Die klante en van die personeel is glo in een van die kamers aan die agterkant van die winkel toegesluit, vertel die ooggetuie.

Volgens haar was die polisie binne enkele minute nadat die mans by die winkel toegeslaan het, op die toneel, waarna ‘n skietery uitgebreek het.

Een verdagte is in Voorstraat, sowat 300 m van waar die Pep Stores geleë is, noodlottig gewond.

Dit is in dié stadium onduidelik of die ander verdagtes aangekeer is en of hulle met enige geld of goedere weggekom het.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Hou Paarl Post dop vir meer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article