Die oorskot van ‘n man is onlangs op die plaas Watervlei in die omgewing van Moorreesburg gevind.
Die polisiewoordvoerder AO Nicolette Visagie sê ‘n werker wat besig was om gras te sny, het op die liggaam afgekom. Die liggaam, wat in daardie stadium reeds erg ontbind was, is verlede Saterdag (13 September) ontdek.

Die onbekende man se oorskot is na die polisie geneem waar ‘n grafiese voorstelling van sy gesig gemaak is. Die polisie rig ‘n versoek op die publiek om na vore te kom as iemand die ongeïdentifiseerde man herken. Enigiemand met inligting wat kan help met die ondersoek word gevra om speursers. André Brander by 022 4338671 te bel.






You must be logged in to post a comment.