Die EFF het Maandag 1 September voor dr. Koos Troskie se praktyk in Kroonstad ‘n protesaksie begin. Dit spruit uit die voorval toe ‘n jongman se liggaam op 20 Augustus op Troskie se plaas opgegrawe is. Foto: Madli Grobbelaar
Die EFF het Maandag 1 September voor dr. Koos Troskie se praktyk in Kroonstad ‘n protesaksie begin. Dit spruit uit die voorval toe ‘n jongman se liggaam op 20 Augustus op Troskie se plaas opgegrawe is. Credit: Madli Grobbelaar

‘n Protes-askie voor ‘n dokterspraktyk in Kroonstad, het Maandagoggend groot opslae in die dorp veroorsaak.

Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het op Maandag 1 September by dr. Koos Troskie, ʼn bekende geneesheer in Kroonstad se praktyk in Brandstraat ‘n protes-aksie begin.

Thomas Macingwane, die EFF se provinsiale ondervoorsitter, het aan VrystaatKroon gesê die protes-aksie is begin om hul misnoë uit te spreek nadat ‘n jong man se liggaam op Troskie se plaas opgegrawe is.

Macingwane voer ook aan dat die polisie nie volgens hom hulle volle aandag aan die saak gee nie – dit terwyl almal antwoorde soek. “Ons eis antwoorde oor die voorval en wil weet wat presies gebeur het.”

Die EFF het op Maandag 1 September voor dr. Koos Troskie se praktyk in  Kroonstad ‘n protes-askie begin. Dit spruit uit die voorval van ‘n jong man se liggaam op Woensdag 20 Augustus op Troskie se plaas opgegrawe is. Foto: Madli Grobbelaar Credit: Madli Grobbelaar

VrytaatKroon het voorheen berig dat ‘n polisie-taakspan van Bloemfontein leidrade opvolg het toe hulle ‘n wenk uit die gemeenskap ontvang het. ‘n Jong man se liggaam is op 20 Augustus deur die owerhede op ‘n plaas in die Kroonstad-distrik opgegrawe. 

Omstandighede oor die voorval en wat presies gebeur het, is nog onbekend en die ondersoek duur voort.  

VrystaatKroon het Troskie genader vir kommentaar, waarna hy navrae na sy regsverteenwoordiger Danie Swanepoel snr. verwys het. Swanepoel het nie op die navrae gereageer nie.

Troskie en sy oorlede vrou, Natalie, is in 2016 op hul plaas aangeval. Die aanvallers het hulle sleg aangerand en beroof.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article