'n Uitstekend 2025 skolerugbyseisoen is op 'n einde met uitstkende skoolseun rugby opgedis.
Hoër Jongenskool Paarl en Paarl Gimnasium eindig die 2025 skolerugbyseisoen in eerste en tweede plek op die SA skole-ranglys.

Vanjaar se skolerugbyseisoen kan niks minders as epies beskryf word nie.

Hierdie naweek was weereens ‘n bewys van die uitstekende gehalte van skolerugby toe die room van Suid-Afrika se top-skolerugbyspelers, die SA o.18-span, vir Engeland o.18 bloedneus geslaan het met ‘n eindtelling van 69-24, om hul Internasionale o. 18-reeks vlekloos te beëindig.

En net toe ons gedink het die drama van die onlangse Paarl Interskole – toe die Hoër Jongenskool Paarl teen alle verwagtinge in die laaste oomblikke van die wedstryd vir die Hoërskool Paarl Gimnasium geklop het – nie oortref kon word nie, kom die Paul Roos- en Grey-Derby net om almal weer op die punt van hul stoel te hê.

Vanjaar se skolerugbyseisoen kan niks minders as epies beskryf word nie.
Hoër Jongenskool Paar eindig vanjaar as die top-skolerugbyspan in die land.

In die hoogsverwagte botsing tussen die twee Springbok-fabrieke, het Paul Roos die wedstryd klaarblyklik in die sak gehad. Maar toe kom Grey College met ‘n oomblik van towerkuns na vore, ook in die laaste oomblikke van die wedstryd.

‘n Perfek uitgevoerde skop-aangee het gelei tot ‘n wendrie vir Grey, met net twee minute oor op die horlosie.

Hierdie opwindende botsing was nog net ‘n bewys van die hoë vlak van die 2025 skokerugbyseisoen, een wat onthou sal word vir sy onvoorspelbaarheid, rou talent, en naelbyt-eindstryde wat ondersteuners week na week op die punt van hul stoele gehou het.

LEES OOK: Boishaai wen Interskole 2025

Hierdie jaar se veldtog is gekenmerk deur die diepte van talent regoor die land. Terwyl Boishaai die topplek in die finale ranglys gevat het, volgens Rugby365 se jongste ranglys, was die marges tussen die elite skole nog nooit kleiner nie. Die ontwikkelingsprogramme by skole regoor die Wes-Kaap, Vrystaat, Gauteng, en KwaZulu-Natal het nuwe hoogtes bereik.

Suid-Afrika kan werklik spog met ongelooflike talent en verskaf ongetwyfeld die beste fondament vir toekomstige professionele spelers. Die klas van 2025 het merkwaardige vaardigheid, toewyding en sportsmanskap getoon wat ‘n goeie voorspelling is vir die toekoms van Suid-Afrikaanse rugby.

Terwyl ons afskeid neem van nog ‘n onvergeetlike seisoen, vier ons nie net die wenners nie, maar elke speler wat sy skooltrui met trots gedra het. Die toekoms van Suid-Afrikaanse rugby is in uitstekende hande.

Top 20 skoolseun rugbyskole – 2025 (Rugby365)

  1. Hoër Jongenskool Paarl
  2. Paarl Gimnasium
  3. Grey College
  4. Affies
  5. Paul Roos
  6. Oakdale
  7. Garsfontein
  8. Westville
  9. DHS
  10. Rondebosch
  11. Stellenberg
  12. Wynberg
  13. Helpmekaar
  14. Noordheuwel
  15. Jeppe
  16. Boland Landbou
  17. Outeniqua
  18. Northwood
  19. Maritzburg College
  20. Hilton College

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article