Sendelingsdrift-pont
Die Sendelingsdrift-pont oor die Oranjerivier. FOTO: SANParke

Ná maande van onbruik sal die pont by die Sendelingsdrift-grenspos vanaf Woensdag 20 Augustus heropen word.

Die pont tussen Suid-Afrika en Namibië, geleë by die |Ai-|Ais/Richtersveld-oorgrenspark, is sedert 17 Maart vanjaar weens die hoë watervlakke in die Oranjerivier en die daaropvolgende vloede gesluit.

Genevieve Maasdorp, kommunikasiebestuurder: Ariede Streek van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke), sê die watervlak van die rivier het uiteindelik voldoende gedaal sodat die pontbedrywighede na normaal kan terugkeer.

Die pont se bedryfsure is van Maandae tot Sondae (insluitend openbare vakansiedae) van 08:00 tot 16:15.

Ponttariewe

  • standaardvoertuig met ses of minder insittendes: enkelrit: R180; retoer R310;
    standaardvoertuig met ses of minder insittendes en sleepwa: enkel: R250; retoer R360;
    bykomende passasiers of voetgangers: enkelrit: R17; retoer R34;
    oornagbesoekers aan die park in standaardvoertuig met ses of minder insittendes: enkel: R130; retoer R250;
  • oornagbesoekers aan die park in standaardvoertuig met ses of minder insittendes en sleepwa: enkelrit: R180; retoer R310;
  • busse of ligte kommersiële oorlandvoertuie met sitplekkapasiteit van 20 of minder: enkelrit: R310; retoer: R420;
    motorfietse: enkelrit: R70; retoer: R70; en
    plaaslike konsessie is geldig vir 60 dae en is nie oordraagbaar nie: enkelrit: R1195.

Besoek die Facebook-blad of webwerf van SANParke vir meer inligting oor dié oorgrenspark.

Sendelingsdrift-pont
Die pont oor die Oranjerivier by Sendelingsdrift. Foto: SANParke

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article