Dassen skoonmaak
Johan Visagie, die bestuurder van Dasseneiland, laai sakke en sakke vol rommel op bote wat dit op hul beurt terug na die vasteland vervoer het.

272 sakke rommel van Dasseneiland verwyder

Dassen skoonmaak
Johan Visagie, die bestuurder van Dasseneiland, laai sakke en sakke vol rommel op bote wat dit op hul beurt terug na die vasteland vervoer het.

Plaaslike bootoperateurs het Woensdag (11 November) met CapeNature kragte saamgespan om ‘n groot hoe­veelheid rommel van Dasseneiland na die vasteland te vervoer. Altesaam 272 plastieksakke vol rommel is tydens die gesamentlike skoonmaak- optrede van die eiland af verwyder.

Volgens Yzerfontein Toerisme spoel seestrome voortdurend rommel op die eiland uit, wat veroorsaak dat groot ­hoeveelhede vullis tydens skoonmaak­optredes versamel word.

“Die voortdurende ophoping het oor die afgelope paar jaar ‘n ernstige pro-bleem geword, terwyl die vervoer van die rommel na die vasteland ‘n groot logistieke uitdaging bly,” verduidelik Helena Visser van die plaaslike toerisme­kantoor.

Die voorbereidings vir Woensdag se optrede het reeds verlede Maandag (9 November) begin toe die inwoner Leshia Visagie van die departement van bosbou, visserye en omgewingsake (DBVO) en Angelique van der Berg van CapeNature die rommel begin sorteer en voorberei het.

Die skoonmaakspan het Woensdag- oggend per boot op die eiland aangekom met die grondwerk reeds afgehandel.

“Die vooraf uitgesette hope rommel het dit moontlik gemaak om die vaartuie vinnig en doeltreffend te laai”.

Sy voeg by verskeie plaaslike bootoperateurs het hul vaartuie, brandstof, tyd en bemanning vrywillig en op eie koste beskikbaar gestel om die optrede moontlik te maak.

Die vloot het bestaan uit Pikkewyn (CapeNature), Ilha Branca (Yzerfontein Sea Sport), Zandie (Cape Coast Expeditions) en Blue Magic (Blue Magic Experiences), terwyl Mega Nova van Whale Expedition SA op bystand was. Yzerfontein Toerisme het hul ­waardering teen­oor almal wat bygedra het, uitgespreek.

“Vrywilligers dra self die koste om die eiland se groeiende vullisprobleem aan te pak,” het sy gesê.

Yzerfontein Toerisme het ook sy dank uitgespreek teenoor al die bootoperateurs en die ondernemings wat skoonmaakmateriaal en verversings voorsien het, naamlik Yzerfontein Sea Sport, DIY, Cape Coast Expeditions en Whale Expedition SA.

‘n Spesiale woord van dank is ook aan die hawemeester en die munisipaliteit gerig vir hul dienste en ondersteuning. Die sukses van die projek is volgens Toerisme te danke aan die samewerking en goeie koördinering tussen CapeNature, die DBVO en die plaaslike mari­tieme gemeenskap.

Die reuse-skoonmaakpoging beklemtoon die belangrike rol wat plaaslike samewerking en vrywillige betrokkenheid speel om Dasseneiland se omgewing te beskerm en die toenemende probleem van seerommel aan te pak.

LEES OOK: Hundreds of nappies continue to wash up on local beaches

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article