Young Hamiltons het verlede Vrydagaand sy prestige gala-aand gehou waar sy spelers vir hul harde werk die afgelope seisoen vereer is.
Die spoggeleentheid is in die Cumberland-hotel gehou waar ’n vol saal die toekennings luidkeels toegejuig het. Die voorsitter, Rodger Adams, het in sy openingsgebed vir kalmte oor die klub gevra en dat almal betrokke by die merkwaardige klub mekaar moet verdra. Fredlin Eyssen het in sy kort boodskap gesê dat Young Hamiltons se sukses binne hulself lê, maar God moet in alles eerste gestel word.
Die gasvrou, Mercia du Plessis, het verder die groep jong spelers bemoedig en seëninge oor die klub uitgespreek. Die Span van die Jaar was die C-span wat die Breëlangebergstreektitel gewen het. Die C-span-afrigterskorps het ook koning gekraai terwyl die C-span-kaptein, Aldrin Arendse, as Kaptein van die Jaar aangewys is. Die res van die toekennings is as volg:
C-span-toekennings:
Beste voorspeler: Bevan Malapi
Beste agterspeler: Clayton Oliphant
Meeste punte: Clayton Oliphant
Meeste drieë: Algernan Otto
Mees gevorderde speler: John-Lee Scholtz
Mees gedissiplineerde speler: Alfredo Pietersen
Mees toegewyde speler: Nickfran Welcome
Speler vir die Toekoms: Jenrico Truter
Speler vir die Toekoms: Geraldo Cyster
B-span:
Beste voorspeler: Ruben Beukman
Beste agterspeler: Jason van Rooy
Meeste drieë: Reyaaz Pietersen
Meeste punte: Will-Austen Pekeur
Mees gevorderde speler: Dylan Alberts
Mees gedissiplineerde spelers: Francois Mampa en Charljon Beukes
A-span-toekennings:
Beste voorspeler: Chad Oosthuizen
Beste agterspeler: Ashwill Klein
Meeste punte: Luciano Truter
Meeste drieë: Claudio Matolla
Mees lojale speler: Ruwayne Ruiters
Mees gedissiplineerde speler: Yushwin Hattingh
Spelers se Speler van die Jaar: Ethan Setera
Speler van die Jaar: Ussiel Langeveldt
Sportman van die jaar: Bertram Jacks
Klub Ambassadeur: Philbrey Joseph
Span van die Jaar: C-span
Kaptein van die Jaar: Aldrin Arendse
Administrateur van die Jaar: Sadie Hector
Afrigtingspan van die Jaar: C-span-afrigtingspan.
Speler vir die Toekoms: Jenrico Truter (C-span), Will-Austen Pekeur (B-Span), Godfrey Hoffman (A-span).
Die klub se bestuur wil almal bedank wat van die aand ’n sukses gemaak het en wens alle spelers en ondersteuners ’n geseënde Kersfees toe.





