Die Laerskool Wynland in Worcester het ’n eko-klub gestig as deel van buitemuurse aktiwiteit wat die leerders kan beoefen. Die klub beywer hulle daarvoor om ’n liefde vir die natuur onder leerders en die breër gemeenskap te kweek. Die klub bevorder herwinning, kunsprojekte uit herwinbare materiale, staptogte in die natuur, inligtingsessies oor natuurkwessies, die plant van bome, blomme en groentetuine. ’n Eie groentetuin word ook beplan. Enige borge vir enige van die genoemde projekte sal opreg waardeer word. Op die foto spog Ntando Kolase (gr. 2) met ’n spekboom wat in ’n melkboks geplant is en tuis versorg is voordat dit weer by die skool uitgeplant is. Kontak gerus winelandsecoclub@gmail.com vir meer inligting oor die eko-klub.


Wynland stig eko-klub

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article