’n Plaaslike organisasie sonder winsbejag en wat uit wykskomiteelede en rolspelers van Wyk 13 bestaan, het onlangs talle behoeftiges gehelp en bygestaan. The Lord’s Table NWO het Donderdag 23 Februarie kos aan talle behoeftiges en veral kinders van die Hexpark-omgewing uitgedeel. Hierdie organisasie is onlangs gestig en is van plan om verskeie mense in die gemeenskap by te staan met talle projekte wat hulle in die pyplyn het. Enige skenkers of mense wat wil betrokke wil raak, kan Desiree Lakay (voorsitter) by 066 016 1667 bel.


Wyk 13 se lede reik uit om behoeftiges en kinders te help

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article