Die Worcester-polisie nooi die gemeenskap en lede van organisasies sonder winsbejag om die jaarvergaderings en die verkiesing van ’n nuwe gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) op Donderdag 15 Februarie by te woon.

Enigeen wat daarin belangstel om ’n lid van die GPF te word, kan voor die vergadering registrasievorms by AO Vathiswa Jacobs gaan afhaal.

Die vergadering begin om 18:00 by die biblioteek in Waterloostraat.

Jacobs kan by 082 411 3064 gekontak word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article