Dolores Muggles van Worcester word sedert 18 September vermis. Enigiemand met inligting oor haar doen en late kan die nommers in die berig skakel.

Credit: SYSTEM

Dolores Muggles van Worcester word sedert 18 September vermis. Sy is die laaste keer om 13:00 daardie dag by haar huis in Riverview gesien.

Muggles (64) het swart en grys skouerlengte hare, en is om en by 1,5 meter lank en weeg 55 kg.

Sy is laaste gewaar met ’n donkerblou en wit broek, en ’n wit en swart T-hemp met swart tekkies.

Volgens haar familielid was sy daardie dag op pad na Tuindorp.

Sy is as vermiste by die Worcester-polisie aangemeld.

Enigiemand met inligting kan die Worcester-polisie by 023 348 8600 skakel.

Mense wat Muggles gesien het, kan ook sers. Rolanda de Koker by 023 348 6100 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article