Worcesteriete het die naweek hul staal gewys in die Suid-Afrikaanse Onderwaterhokkiefederasie se klubkampioenskap (30 November tot 2 Desember) in Somerset-Wes. Spanne van oor die land heen asook van Angola het deelgeneem. Die Worcester-onderwaterhokkieklub se manspan het sewe wedstryde gewen en ook die B-afdeling se eindstryd teen Angola (3-1). Die Worcester-onderwaterhokkieklub se vrouespan het teen ervare spanne deelgeneem en was sesde. Wys jou ondersteuning aan ons spanne – volg hulle op Facebook by @Worcester Onderwater Hokkie.

Credit: SYSTEM

Worcester-waterhokkiespan wys sy staal

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article