Janine Coetzee is sedert Woensdagmiddag vermis.


’n 37-jarige vrou van Worcester is sedert gistermiddag al vermis.

Janine Coetzee (37), ’n werker by die Barnyard Deli in Hoogstraat het Woensdagmiddag om 13:30 haar werksplek verlaat om op middagete te gaan en is nie weer gesien nie.

“Sy het nie vir ons gesê waarheen sy gaan nie. Ons het vir haar ma ook die aand ’n boodskap probeer stuur met iemand maar sy het dit nie gekry die en sy het ook nie ’n foon nie. Sy het later die aand na ’n ander kollega gegaan om uit te vind waar haar dogter is,” het een van haar kollegas gesê.

Coetzee werk al meer as ’n jaar by die deli en is woonagtig in Roodewal.

Enigiemand met inligting het oor waar sy haarself bevind kan 066 567 1756 of 071 798 5296 met enige inligting oor Janine.

Toe Standard Donderdagmiddag om 13:00 met die kollega praat was hulle op pad om vir Coetzee as vermis by die polisie te gaan rapporteer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article