Marie Willemse (67) van Moosastraat in Roodewal, Worcester, wat verlede week Woensdag (16 Oktober) betrokke was in ‘n motorongeluk waarby ‘n wetstoepassingsvoertuig ook betrokke was, het vanoggend (Maandag, 21 Oktober) aan haar beserings beswyk.
Willemse se dogter Charlene Jaftha het aan Standard & Breedervier Gazette bevestig haar ma is vanoggend 06:40 in die Worcester-hospitaal oorlede.
Jaftha het Vrydag aan Standard & Breederivier Gazette gesê haar ma het in die ongeluk wat omstreeks 08:00 op die hoek van Leipoldtlaan en Fischerstraat plaasgevind het van haar ribbes gebreek.
Die gebreekte ribbes het haar lewer en regterlong deurboor. Sy het ook bloeding op die brein opgedoen en haar regterarm gebreek.
Lees Donderdag die volledige artikel oor die voorval in die Worcester Standard & Breederivier Gazette.





