Die Worcester United-krieketklub se vrouespan het hul onoorwonne rekord voortgesit nadat hulle Sondag 15 Oktober die vroue van die Coronations-krieketklub in hul eerste Premierliga-wedstryd verslaan het. Dit is die eerste jaar wat die vrouespan van Worcester in die hoogste klubkrieketliga, die Premierliga, speel. Dit is slegs die vroue se derde seisoen as ’n krieketspan en hulle het nog nie een wedstryd die afgelope vier jaar verloor nie. Die spelers van Worcester United en Coronations het groot opwinding opgedis. Dit was ’n senutergende wedstryd, met Worcester wat uiteindelik met ’n skrale twee punte koning gekraai het. Dit was ’n groot oorwinning omdat die span van Coronations die onoorwonne kampioene in die Premierliga was. Die vroue van Worcester speel hul volgende wedstryd op Sondag 29 Oktober en sien daarna uit om op hul onoorwonne status voort te bou. Kontak Elmaré Andrews by 073 094 9979 (WhatsApp of bel) vir meer inligting of om as jong vrou by die vrouespan betrokke te raak.Foto:

Credit: SYSTEM

Worcester United stoom ná vier jaar steeds onoorwonne voort

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article