Die Worcester United-vrouekrieketspan: Voor van links: Elizabeth Krotz, Mirecia Maart-Hendricks (kaptein), Aphiwe Mhayi (afrigter), Elmare Andrews en Rasley Erasmus. Agter: Imca Afrikaner, Cindy Simons, Curenthia January, Deshay Andrews, Tamica Slavers, Samonia Williams (onderkaptein), Chrisna van Slicht, Jo-Ann Conradie, Renelwe Mnyamana, Chanté Prins en Shamiela Kafaar-Jacobs.Foto:


Die Worcester United-vrouekrieketspan het Sondag (27 November) hul onoorwonne rekord op Boland-park in Worcester voortgesit toe hulle die wedstryd teen Robertson gewen het.

Die tuisspan het Robertson ingestuur om te kolf. Die kaptein, Mirecia Maart-Hendricks, het die eerste paaltjie laat val en sommer vroeg al die besoekers onder druk geplaas.

Worcester United se vroue het hul balvernuf gewys toe hulle Robertson vir net 40 lopies uitgeboul het.

Die uitblinkers was Elizabeth Krotz (3-0-10-3), Maart-Hendricks (4-0-13-2) en Curenthia January (0.5-0-1-1).

Die besoekers het egter hard terugbaklei en Worcester United se kolwers onder druk geplaas en vroeg drie paaltjies laat val. Die openingskolwer Samonia Williams en January het egter vasgebyt en die span tot ’n sewepaaltjieoorwinning gelei nadat Worcester United 41 lopies in net 6,1 boulbeurte gemoker het.

January het 15 lopies van nege balle aangeteken, met drie grenshoue (nie uit nie), terwyl Williams 10 lopies van 15 balle en een grenshou aangeteken het (nie uit nie).

Enige vroue wat by die Worcester United-vrouekrieketspan betrokke wil raak, kan Elmare Andrews by 073 094 9979 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article