Die Worcester United-vrouespan, voor van links: Anneline Jeftha, Elmare Andrews, Willber Vermeulen (afrigter), Elizabeth Krotz en Imca Afrikaner. Agter van links: Sonica Wildschut, Mirecia Maart-Hendricks (kaptein), Uela Daames, Chanté Prins, Samonia Williams, Tamica Slavers, Lizel Kapel en Shamiela Kafaar-Jacobs.Foto: Dominique Jeftha


United vrouekrieket
Elizabeth Krotz van Worcester United-vrouekrieketspan wys verlede Sondag haar vernuf met die bal teen Caledon in Esselenpark-stadion. Foto: Dominique Jeftha

Worcester United-vrouekrieketspan het die afgelope Sondag hul onoorwonne rekord op Bolandpark voortgesit toe hulle maklik in ’n Boland-vroueligawedstryd met Caledon klaargespeel het.

Die warm oggend het gesorg vir opwindende krieket toe United die loot wen en Caledon instuur om eerste te kolf in hul 50 beurte teen die besoekers.

Die boulers van United het Caledon vroeg onder druk gehad met die besoekers op 12 lopies vir 3 paaltjies binne net 9 beurte. United het hul krag gewys deur Caledon se vroue almal uit te boul vir net 57 lopies in 27 beurte.

Die enigste speler wat weerstand kon bied teen die United-boulaanval was M. Flippies met ’n telling van 17 n.u.n. (geen grenshoue).

United het wel die besoekers aangehelp met 30 ekstras, waarvan 23 wydlopers was. Die beste boulers was Elizabeth Krotz (7-3-4-4), Sonica Wildschut (6-0-4-2) en Anneline Jeftha (1-0-2-2).

Worcester United se vroue was vinnig uit die blokke met hulle kolfbeurt en behaal die gevraagde teiken van 58 binne 12 beurte, wat ’n bonuspuntwen aan hulle besorg.

Vir United dra Chanté Prins haar kolf (27*) en is goed bygestaan deur Elizabeth Krotz (13).

Die boulers kon nie slaag om genoegsame druk op die United-kolwers te plaas nie. Slegs N. Flippies (3.3-0-8-1) en M. Daniels (2-0-8-1) kon paaltjies neem vir Caledon.

Worcester United wen met agt paaltjies en stap weg as onoorwonne kampioene in hul vier wedstryde.

V Volgens Willber Vermeulen, afrigter van die span, wil hy sy dank uitspreek teenoor hul borge CWDM, BVM, Nedbank en Blondie’s Transport. Enige jong vroue wat meer wil weet of betrokke wil raak by die vrouespan kan Elmare Andrews by 073 094 0079 bel.

Worcester United-vrouespan
Die Worcester United-vrouespan, voor van links: Anneline Jeftha, Elmare Andrews, Willber Vermeulen (afrigter), Elizabeth Krotz en Imca Afrikaner. Agter van links: Sonica Wildschut, Mirecia Maart-Hendricks (kaptein), Uela Daames, Chanté Prins, Samonia Williams, Tamica Slavers, Lizel Kapel en Shamiela Kafaar-Jacobs.Foto: Dominique Jeftha

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article